Die Suid-Afrikaanse regering moet die hoë voorkoms van fetale alkohol sindroom as 'n krisis verklaar. Dit is die mening van Dr. Gavin Williams, van die Oxford-Universiteit in die Verenigde Koninkryk, wat op besoek aan in Suid-Afrika is. Hy het by die Universiteit van die Wes-Kaapland gesê dat die volle omvang van die verskynsel nog onbekend is en dat meer navorsing nodig is. Malixole Gwatyu doen verslag.