Vandag is Wêreld Alzheimer Siekte dag. Dit is een van die drie vorms van demensia, wat die meeste voorkom en die brein aantas. Die tema vanjaar is: "Onthou My". Klem word gelê op die vinnige diagnose van die toestand. 'n Bekende kenner van Plaaslike Regering, Werner Zybrands se vrou, Bibette is veertien jaar gelede met die siekte gediagnoseer. Hy glo dit is belangrik om oop kaarte te speel met die gemeenskap oor die diagnose.