Bewerings van mishandeling het by 'n ouetehuis in Prieska in die Noord-Kaap aan die lig gekom. Inwoners van Huis du Pickardt sê die reëls word voortdurend verander en indien hulle daarteen kapsie maak, word hulle deur personeellede gedreig. Een bejaarde man vertel dat hy gereeld die k-woord toegesnou word. Reginald Witbooi het die ouetehuis besoek en het die verslag saamgestel.