Die hoof van die DA-koukus in die JB Marks raad op Potchefstroom, Hans-Jurie Moolman, sê die munisipaliteit op Venterdorp gaan tot stilstand ruk, na die beslaglegging van bates deur 'n skuldeiser verlede week. Dit volg nadat die Pretoria Hooggeregshof 'n aansoek om 'n beslaglegginsbevel van 50 miljoen rand op bates van die voormalige Ventersdorp-munisipaliteit aan 'n private maatskappy toegestaan het. Hans-Jurie Moolman sê die burgemeester en bestuurder het die inligting van hulle weerhou, en dat daar reeds op die bates beslag gelê is.