Johnny Clegg het geen bekendstelling nodig in Suid-Afrika waar hy pas in verskeie stede weer te hoor was as deel van sy Final Journey World Tour. Woensdag vlieg hy Amerika toe en daarna volg n Kanadese konsert toer. Minder bekend is die feit dat hy ook n antropoloog is en Brits van geboorte is. Oor die afgelope drie dekades het Johnny Clegg meer as vyf miljoen van sy albums wêreldwyd verkoop. Trouens Juluka en Savuka is huishoudelike name in veral Frandkryk waar Johnny Clegg bekend staan as Le Zulu Blanc. Vandag kuier Clegg by ons in die ateljee wat ons ook die kans gee om sy musiek te speel.