Die sosio-politieke kommentator Christo van der Rheede het met 'n rubriek vir Beeld die wenkbroue laat lig toe hy gemaan het teen, wat hy noem, 'n onverdraagsame en roekelose element wat genot daaruit put om rassekonflik te stook en dat dít die potensiaal het om in 'n volskaalse volksmoord te ontaard. Hierdie bydrae begin met Van der Rheede, die uitvoerende adjunkhoof van AgriSA, se verduideliking van sy standpunt.....