Die burgemeester van die Kouga munisipaliteit in die Oos-Kaap, Elza van Lingen, sê hulle kon uiteindelik die afgelope naweek die Seekoei-riviersmonding met 'n sloot oopmaak. Die vleilande aan beide kante van die laevlak-brug, wat Paradys Strand met Astonbaai en Jeffreysbaai verbind oorstroom gereeld. Van Lingen sê die langtermyn oplossing word met die hulp van die Nelson Mandela Universiteit beplan.