Vandag is Wêreld Ballet Dag. Dit word gevier met 'n lewendige uitsending op Facebook. Verskeie internasionale geselskappe neem daaraan deel. Dit is die vierde jaar dat die kunsvorm internasionaal met 'n dag gevier word. Nicole Ferreira-Dill, wat op 13 Oktober, die vroulike hoofrol in die Sneeuwitjie ballet by die Johannesburg Teater dans, sê ballet het in die vyftiende eeu in Italië ontstaan.