Akademici en administrateurs van tersiêre instellings is by die Eiffel Corp Innoveringsberaad gekonfronteer met die uitdaging van 'n snelbewegende digitale wêreld en die impak daarvan op hul instellings en leerprosesse. Hoe gemaak met die nuwe geslag tegnologiese gevorderde studente uit die Millennial-generasie? Dis die vraag wat Heindrich Wyngaard aan die adjunkdirekteur: e-Leer en Media-ontwikkeling by die Universiteit van Pretoria, Dirk Jordaan gestel het.