'n Alternatiewe geskilbeslegtingproses begin eersdaags vir gesinne wat deur die Esidimeni tragedie geraak is. Afgetrede hoofregter Dikgang Moseneke gaan die saak waarneem waarin ondersoek ingestel word na die meer as 100 psigiatriese pasiente wat in Life Esidimeni se sorg was. Die sterftes volg op 'n omstrede besluit van die Departement van Gesondheid om die pasiente oor te plaas na nie-regeringsorganisasies. Sandra de Villiers, wie se boetie een van die slagoffers was, het vir Anna-marie Jansen van Vuuren gesê dat die proses 'n manier is om 'n stem te gee aan diegene wat dood is.