Die Minister van Toerisme, Thokozile Xasa, sê hulle het projekte van meer as 20 miljard rand regoor die land geidentifiseer wat 'n belangrike rol kan speel in die ontsluiting van die oseaan-ekonomie. Sy sê dit is ook deel van Operasie Phakisa. Xasa het die seisoen se blouvlag strande op Jeffreysbaai bekendgestel. Dit dui aan dat strande aan internasionale standaarde voldoen. Veronica Fourie doen verslag.