Terwyl die regering met toenemende behuisingsagterstande worstel, word dit noodsaaklik dat die publiek deel is van besluite oor die soort huise wat gebou word en die soort stede waarin hulle woon. Dít het geblyk aan die einde van 'n nasionale konferensie oor menslike nedersettings in Durban. Bykans 30 navorsingsverslae is aan 4-honderd afgevaardiges van regoor Afrika voorgelê. Dries Liebenberg berig.