Die Wes-Kaapse DA het hierdie naweek 'n nuwe leier verkies om Patricia de Lille op te volg. De Lille het in Januarie verras met haar bedanking en die leierspos is in die tussentyd deur Bongikosi Madikizela, die provinsie se minister van behuising, beset. Madikizela is Saterdag bevestig as nuwe provinsiale leier toe hy die verkiesing teen adv. Lennit Max gewen het. Heindrich Wyngaard het met hom gepraat oor sy toekoms planne.