Maatskaplike werkers wêreldwyd het in 2010 tot die besef gekom dat haweloses die beste deur mense in hulle eie omgewing gehelp kan word. Sedertdien word 10 Oktober elke jaar as Wêreld Hawelose-dag beskou. Een organisasie wat hom vir die welstand van hawelose beywer is JOSH, die Johannesburg Organisation of Services to the Homeless. Anita Visser het met die stigter en uitvoerende hoof van JOSH, Mary Gilett-De Klerk, gepraat. Sy se onder meer dat selfs gegradueerdes onder die geledere van haweloses tel.