Ryk Hattingh, die bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer wat in Nieu Zeeland woon, is op sestigjarige ouderdom aan 'n hartaanval daar dood. Die skrywer, Joan Hambigde, sê Ryk Hattingh het 'n groot bydrae tot Afrikaanse letterkunde gegee, toe hy in 1984 met "Die Tonnel" gedebuteer het. Sy ander boeke was, Marcus Vermoed 'n Verhaal, Ingnatius Brand, Mynhoop, Witskrif en Mnr van Bonge, Die Forster Bende saam met Conrad Botes, en in 2016 sy wegholtreffer Huilboek.