Liberiers is gister na die stembus om 'n opvolger vir Afrika se eerste vroue president en Nobel vredespryswenner, Ellen Johnson Sirleaf te kies. Gegewe die land se 14-jaar lange burger-oorlog en geskiedenis van brutale geweld, het Sirleaf haar landsburgers gemaan om vreedsaam hul kruisies te gaan trek. Nie minder as 20 presidents kandidate het hulself verkiesbaar gestel, onder andere, die voormalige bestuurder van 'n koeldrank maatskappy en 'n gewese model. Vir meer konteks, het Anita Visser met die Afrika kenner, Liesl Louw-Vaudran van die Instituut vir Sekerheid Studies gepraat.