'n Slag wat bykans vergete is – dit is die Slag van Delvillebos tydens die Eerste Wêreldoorlog. President Jacob Zuma is in Frankryk en onthul vandag (12 Julie 2016) 'n muur van herinnering vir alle Suid-Afrikaners wat in die Eerste Wereldoorlog gesneuwel het. Dit is ook die 100e herdenking van die Slag van Delvillebos waarin daar na raming meer as 3 000 Suid-Afrikaanse soldate dood is. Hanri Wondergem praat met 'n historikus en afstammelinge van soldate wat aan die slag deelgeneem het. Sy het ook argiefklank gekry van vertellings deur die enkeles wat die veldslag oorleef het.