'n Paar maande gelede was Charles Visser teen die spreekwoordelike planke. Die vryskutskrywer en teksredakteur se werkgeleenthede het die afgelope vier jaar drasties opgedroog. Dit het eers periodiek gebeur, tot dit later sommer vir maande voortgeduur het. Hy móes net 'n plan maak om nie een van die land se werkloosheidstatistieke te word nie. Die oplewing van Uber in Suid-Afrika het vir Visser 'n lewensboei geword. Izak du Plessis vertel sy storie.