Die Parsemus Stigting in die V.S.A. het pas aangekondig dat Vasalgel dalk binnekort op die mark sal wees. Dit is 'n produk wat werk vir mans, soos die pil vir 'n vrou. Dr Amir Zarrabi is 'n urolooog by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch en Tygerberg Hospitaal, en spesialiseer in manlike infertiliteit en mikrosjirurgie. Hy sê dit is 'n reuse vooruitgang.