Om dood te gaan is ons almal se voorland, maar dis iets waaroor daar saggies of selde gepraat word. In die lig van Leonard Cohen se hartroerende brief aan die sterwende Marianne Ihlen, sy muse en geliefde van tien jaar, het Marlinee Fouche met verskeie mense gepraat wat op 'n gereelde basis met die dood te doen kry. Die vraag is eenvoudig, en die antwoord kompleks: praat ons GENOEG en SINVOL oor die dood?