Suid-Afrikaners het vir die vierde agtereenvolgende jaar aangedui dat vervoer een van die drie grootste kwelpunte in die land is. Dit het aan die lig gekom in 'n meningspeiling deur die Universiteit van Johannesburg. Hanri Wondergem het by Gert Heyns, 'n lektor verbonde aan die universiteit se Instituut vir Vervoer en Logistieke Studies, gaan kers opsteek oor moontlike oplossings vir die probleme.