'n Suid-Afrikaanse egpaar het ter viering van hulle huwelik oor die Stille Oseaan geroei, van Kalifornië in die VSA na Hawaii. Riaan Manser en Vasti Geldenhuys het gister, ná 39 dae op die oop see, in Hawaii aangekom en boonop die wêreldrekord vir die vinnigste roei oor die oseaan opgestel. Hulle is ook die enigste Suid-Afrikaners wat die roete al geroei het. Anita Visser praat met Riaan Manser uit Hawaii.