'n Voorlegging is vanjaar tydens die begroting gemaak om suikerbelasting op versoete drankies teen aanstaande jaar in Suid-Afrika in te stel. Dit word gedoen omdat die Departement van Gesondheid Suid-Afrikaners se oormatige inname van suiker wil beperk. Die seniorbestuurder van Doeane en Internasionale Handel by die ouditeursfirma Deloitte, Pieter Marais, het aan Dianke Nel gesê die spertyd van April 2017 sal moeilik haalbaar wees vir die belasting om van krag te word.