Vreemde seine van ander sterrestelsels en planete laat mense opnuut wonder oor die bestaan van intelligente ruimtewesens. Dit is weer 'n besprekingspunt nadat Rusland bekend gemaak het dat hy met 'n radioteleskoop 'n sein opgetel waarvan die oorsprong duister is. Dr. Pieter Kotze, 'n senior navorser by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap, sê daar is te veel onsekerhede om enige gevolgtrekking oor intelligente lewe te kan maak.