Huiswerk vir laerskoolkinders is 'n ou debat wat gereeld opvlam. By die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie simposium verlede week in Port Elizabeth , het skoolhoofde weer regop gesit toe 'n hoof van Vishoek vertel het van die groot sukses by sy skool nadat hy huiswerk afgeskaf het. Hy het bevind dat daar geen waarde in huiswerk is na 'n hele skooldag nie. Hy meen die sowat sewe ure van die skooldag behoort meer dinamies te wees. Veronica Fourie het gaan ondersoek instel.