Kort na die NVG se aankondiging gisteroggend het die Rand beduidend verswak. Die NVG hoof, Shaun Abrahams het aangekondig dat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan en twee voormalige kommissarisse van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, moet op 2 November in die hof verskyn op aanklagte van bedrog. Vir meer oor hoe die Rand gevaar het, praat ons met 'n ekonoom van Rebalance Fondsbestuurders, Dr Chris Harmse.