"Baanbrekerswerk" en "Enig van sy soort". So beskryf wetenskaplikes 'n projek wat tans aan die gang is om 'n volledige reeks boeke oor motte van Suid-Afrika te skryf. Ondanks die feit dat daar duisende mot-spesies is, en talle wat nog ontdek kan word, bestaan daar nie so 'n boek nie. Hanri Wondergem was by die sewende jaarlikse Oppenheimer De Beers-groep Navorsingskonferensie in Johannebsurg waar sy die leier van die projek raakgeloop het.