Nuwe navorsing beklemtoon honde se fyn aanvoeling vir die kommunikasieseine van mense. Hulle het ook die vermoë om hulle eienaars en ander se gesigsuitdrukings en woorde te verstaan en interpretreer. 'n Artikel in die vakjoernaal, Current Directions in Psyhological Science, wys dat dat honde kan onderskei tussen mense se emosionele uitdrukkings. Izak du Plessis praat hieroor met ons wetenskapkorrespondent George Claassen.