Die afgetrede adjunkregterpresident van Suid-Afrika, Dikgang Moseneke, sê studente kan 'n verandering by die stembus afdwing as hulle ontevrede is met die huidige stand van sake. Hy was die hoofspreker by Unisa se jaarlikse Stigterslesing in Pretoria. Hy sê die geweld wat met die #FeesMustFall-beweging gepaard gaan, kan die regmatige eis vir algehele toegang tot hoër onderwys, onderworpe aan redelike kwalifikasies, in die wiele ry.