"Die kerk is nou op n ander plek." Dit is die woorde wat die NG Kerk se moderator, ds. Nelis Janse van Rensburg, gebruik het om sy verslaentheid uit te spreek oor verlede week se besluit van die algemene sinode om enige huwelik tussen Gay-lidmate te fnuik. Net verlede jaar het dieselfde sinode beslis dat NG predikante burgerlike verbintenisse tussen Gay-egpare mag voltrek. Te midde van ten minste een dreigende hofsaak en aanklagtes van liefdeloosheid, praat ons vandag met die NG Kerk se voormalige moderator, prof. Nelus Niemandt, en ds. Johan Ernst wat ook die sinodesitting bygewoon het.