Julius Malema, die leier van die EFF, het opnuut opspraak gewek met sy vyandige uitsprake teenoor Afrikanermans. "Afrikaner boys, die poppe gaan dans," het hy eergister buite die landdroshof in Bloemfontein gesê en bygevoeg: "Die EFF kom vir julle!" Heindrich Wyngaard praat hieroor met twee menseregtepraktisyns, dr. Leon Wessels, direkteur van die Sentrum vir Menseregte by die Universiteit van die Vrystaat, en Stan Henkeman, uitvoerende direkteur van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening in Kaapstad.