Sjirurgie wat met 'n robot gedoen word, het oor die afgelope drie jaar die behandeling van prostaatkanker in Suid-Afrika drasties verbeter. Dit is November, of eerder Movember, 'n maand waar daar op prostaatkanker gefokus word. Hanri Wondergem het by dr. Lance Coetzee van die Urologie Hospitaal in Pretoria gaan kers opsteek oor die robot-aangedrewe behandeling, wat vrese soos impotensie en urine-beheer by prostaatkankerlyers uit die weg ruim.