Planne om 'n nuwe eksklusiewe Afrikaanse gemeenskap te stig naby Willowmore in die Oos-Kaap het deur die mat geval. Die Eden-projek kon nie daarin slaag om die waarborge vir die koop van 'n plaas in die Baviaanskloof na te kom nie en die beplande transaksie is van die baan. Die groep se plan het aan die lig gekom toe naweekkoerante verlede maand daaroor berig het. Izak du Plessis was in Willowmore om ondersoek in te stel, en Monitor het gister die bydrae uitgesaai. In deel 2 van die verslag word die idee van selfbeskikking deur die oë van verskillende kommentators bekyk.