Die Nova Eiendomsgroep het alle rentebetalings aan skuldbriefhouers opgeskort. Die groep, wat optree as die reddingsmaatskappy vir Sharemax, het glo nie geld om sy verskeie eiendomsontwikkelings te bestuur nie. Die rentebetalings is van 1 November af gestaak in weerwil daarvan dat die direkteure van die maatskappy elkeen 'n gemiddeld van R4 miljoen die afgelope finansiële jaar betaal is. Intussen leef duisende beleggers op die broodlyn en is hulle afhanklik van genadebrood om te oorleef. Izak du Plessis berig.