'n Zimbabwiese immigrant het 'n suksesvolle besigheid in Johannesburg gevestig deur alledaagse items, soos handsakke, uit afvalmateriaal te vervaardig. Die 35-jarige Thamba Tabvuma is 'n hartstogtelike omgewingskundige en 'n kunstenaar wat met herwinbare voorwerpe werk. Hy sê sy filosofie is eenvoudig: Gooi niks weg nie want enigiets het die potensiaal om herwin te word en in funky en funksionele produkte verwerk te word. Darren Taylor doen verslag.