Die twintigste bestaansjaar van die Suid-Afrikaanse grondwet is Saterdag in Sharpeville in Gauteng gevier. Wyle president Nelson Mandela het die grondwet op 10 Desember 1996 in Sharpeville gepromulgeer. 'n Oudprofessor in staatsreg by UNISA, Marinus Wiechers, sê hoewel dele van die grondwet behoue moet bly, is daar ook ruimte vir hersiening. Wiechers was betrokke by die skryf van die oorspronklike grondwet-dokument.