Hier en daar is daar vandag steeds diegene wat Geloftedag vier, hetsy by die Paardekraalmonument in Krugersdorp, die Voortrekkermonument in Pretoria, of elders. Dit dag word egter vandag nie herdenk soos 'n paar jaar gelede toe duisende die vieringe bygewoon het nie. Marlinee Fouche het om die tafel gesit met Babs Brits, Rick Barnard en Christo Fouche om te hoor wat hulle van vroeër jare kan onthou. Hulle het die dag by die Paardekraalmonument herdenk.