Turkye het sy grens met Sirë gesluit nadat driemiljoen vlugtelinge reeds oor sy grens gestroom het. Die EU het intussen sesmiljard Euro aan Ankara gegee om meer vlugtelinge te huisves. Die amptelike grensposte tussen die twee buurland bly egter gesluit. Meer as 200 000 mense het in Desember, in die middel van die winter, uit Aleppo in Sirië probeer vlug. Suna Venter was daar en het 'n reis met smokkelaars na Sirië meegemaak.