Donald John Trump word vandag by die Capitol-gebou in Washington DC ingehuldig as die 45ste president van Amerika. Wat behels die seremonie en watter protokol gaan daarmee gepaard? Is daar enige geskiedenis of rituele waarop die seremonie geskoei is? Anita Visser het in die SAUK se klankargief gaan rondkrap om te sien wat tydens vorige inhuldigings gebeur het, en sy praat met 'n Amerikaanse diplomaat.