Die AHI het met 'n grootskaalse herstruktureringsproses begin, wat onder meer insluit dat drie van die sake-organisasie se tien permanente werknemers skeidingspakkette aangebied is. Die organisasie se voortgesette gebruik van kantoorruimte word ook tans bespreek. Heindrich Wyngaard het die uitvoerende hoof, dr. Ernest Messina, gevra wat die implikasie van die AHI se herstrukturering vir kleinsake-ontwikkeling beteken.