Verskeie agentskappe in Amerika, onder meer die ruimte-agentskap NASA en die Environmental Protection Agency (EPA) het alternatiewe Twitter-rekeninge geopen nadat president Donald Trump feitelike twiets waarvan hy nie gehou het nie, laat wis het. Wetenskaplikes in die VSA het met woede en irritasie gereageer. Ons wetenskapkorrespondent, George Claassen, sê die stap deur Trump hou niks goeds in vir die toekoms van die VSA as veilige hawe van wetenskaplikes nie.