Die voormalige staatsaanklaer Gerrie Nel het kritiek afgemaak teen sy skuif na Afriforum om 'n private vervolgingseenheid te begin. Die eenheid sal vervolgings, wat deur die NVG verwerp is, met privaatbefondsing dryf. Nel, wat vir 36 jaar as aanklaer gewerk het, se bedanking en nuwe verbintenis met Afriforum is skerp gekritiseer weens persepsies dat die burgerregtegroep eksklusief wit en Afrikaanse belange verteenwoordig. Nel het egter aan Suna Venter gesê hy sal vir enige saak met meriete veg - en dat hy boonop sy skuif as aanvullend tot die regstelsel beskou - en nie as 'n klap in die gesig van die NVG nie.