Honderde teologiese studente vanuit Afrika se grade, wat hulle by 'n Bybelkollege in Barberton verwerf het, is nie die papier werd waarop dit gedruk is nie. Die grade word die afgelope sowat 15 jaar deur die Back to the Bible Training College in Barberton toegeken. Die instelling is egter volgens die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding 'n swendelkollege. Monitor het ondersoek ingestel.