Suid-Afrika se Mervyn Davis het 'n internasionale reputasie gebou as 'n maker van uitstekende gesnaarde musiekinstrumente, soos kitare, banjos en viole. Hy sê sy hartstog is om musiekinstrumente te bou wat aan die behoeftes van moderne komponiste sal voldoen, deur moderne tegnologie te gebruik, maar om terselfdertyd die romanse van klassieke instrumente te behou. Tog verskil baie van sy skeppings van klassieke, konvensionele ontwerpe. Davis sê hy baseer steeds sy instrumente op die pragwerke van die meesterbouers van die verlede. Darren Taylor doen verslag.