Seksopvoeding is, volgens 'n kenner, die antwoord op die toenemende probleem van blootstelling aan pornografie onder tieners. Navorsing deur die jeugnavorsingseenheid by Unisa se Buro vir Marknavorsing wys dat meer as die helfte van hoërskoolleerders al na pornografie gekyk het. Dr. Antoinette Basson, 'n sielkundige verbonde aan die eenheid sê dit skep 'n verwronge beeld van seks onder die jeug. Hanri Wondergem het die onderwerp met haar deurgetrap.