Kuns kan gebruik word om maatskaplike kohesie, in 'n oënskynlik verdeelde gemeenskap, te bewerkstellig. So meen Desiree Barnard, wat binnekort haar meestersgraad Cum Laude by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie sal ontvang. Haar navorsing het gefokus op die gebruik van kuns as 'n intervensiemiddel in die Olifantsriviervallei gemeenskap, wat Vredendal, Lutzville en Klawer in die Wes-Kaap insluit.