Ahmed Kathrada, beter bekend onder geliefdes as Uncle Kathy, is vanoggend vroeg in 'n Johannesburgse hospitaal in die ouderdom van 87 oorlede. Hy is vroeër vandeesmaand in die hospitaal opgeneem vir 'n operasie weens 'n bloedklont op die brein. Die Ahmed Kathrada-stigting het gistermiddag aangekondig dat die struggle-veteraan se toestand die afgelope 24-uur versleg het en dat hy dubbele longontsteking het. Kathrada was, saam met Nelson Mandela en Dennis Goldberg, deel van die Rivonia-beskuldigdes. Marlinee Fouche het die verslag saamgestel met die hulp van Thandiswa Mawu.