Die boksgemeenskap het verslae gereageer op die nuus dat die Suid-Afrikaanse boksafrigter, Nick Du Randt, Vrydag is in 'n motorfietsongeluk in die Vrystaat oorlede is. Hy was die president van die Crusaders Motorfietsklub, en het teen 'n motor gebots tussen Bethlehem en Clarens. Hy was 53 jaar oud. Du Randt het 95 Suid-Afrikaanse kampioene in al 17 gewigsklasse opgelewer, 38 wêreldkampioene en 27 internasionale kampioene, insluitend Thulani Sugarboy Malinga en Philip Ndou, wat Floyd Mayweather in 2003 geveg het. Sy vriend en ook 'n boksafrigter, Gert Strydom, het met Vincent Mofokeng gepraat.