Maak die grondwet voorsiening vir 'n geheime stemming wat 'n mosie van wantroue in president Jacob Zuma betref? Opposisiepartye sê hulle is optimisties dat die Konstitusionele Hof in hulle guns sal beslis in die aansoek deur die UDM of parlementslede in die geheim mag stem tydens die debat oor die mosie van wantroue in die president. Loammi Wolf is 'n grondwetregspesialis verbonde aan Democracy for Peace in Duitsland. Sy het aan Dianke Nel gesê 'n geheime stemming is beslis in die belang van demokrasie in Suid-Afrika.