Gister het Monitor berig oor Hennie van Vuuren se boek, APARTHEID, GUNS AND MONEY, wat fokus op die groot getal lande, onder meer Rooi Sjina, wat met die medewete en hulp van die destydse Zaïre, wapens aan die Pretoria-regime verskaf het. Vandag vertel van Vuuren vir Anita Visser van die R500-miljard se spesiale weermagrekening waarvan selfs die naaste vetrouelinge van PW Botha niks geweet het nie.